Spoetnik 4

Spoetnik 4 of Korabl-Spoetnik 1 (Russies: Спутник 4; Корабль-Спутник-1 of Skipsatelliet-1) was die eerste toetsvlug van die Sowjetunie se Wostok-ruimtetuig wat later vir die eerste bemande ruimtevlug gebruik sou word. Dit is op 15 Mei 1960 gelanseer. ’n Fout in die gidsstelsel het veroorsaak dat die tuig na ’n hoër wentelbaan beweeg het in plaas daarvan om terug te keer aarde toe. Dit het die atmosfeer eers op omstreeks 5 September 1962 binnegedring. ’n Stuk is gevind in die middel van ’n straat in Manitowoc, Wisconsin, in die noorde van die VSA.[1]

Die ruimtetuig, die eerste in ’n reeks waarmee die moontlikheid van bemande ruimtevlugte ondersoek is, het wetenskaplike instrumente bevat, asook ’n televisiestelsel en ’n kajuit met ’n pop.

  1. Sputnik Crashed Here, Manitowoc, Wisconsin

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy